|
Wie moet registreer?
Enige natuurlike of regspersone wat interaksie met CIPRO verlang, soos prokureurs, regsfirmas, banke, ouditeure, ander ondernemings en privaat individue moet as kliënte by CIPRO registreer.
Hoekom moet u as ’n kliënt registreer?
- U moet geregistreer wees ten einde transaksies op die CIPRO-webtuiste te kan doen, en u kan ook u kliëntkode gebruik om aansoeke wat onder u kliëntkode ingedien is te monitor.
Hoeveel kos dit?
Kliëntregistrasie is gratis.
Hoe betaal ek vir dienste?
Registrasie as ’n kliënt skep outomaties ’n virtuele rekening in die naam van die kliënt by CIPRO. Voordat ’n kliënt ’n diens gebruik waaraan koste verbonde is, moet hy voldoende fondse vir sodanige diens in sy virtuele rekening deponeer. Alle toepaslike voorgeskrewe openbaarmaking- en indiengelde sal van u virtuele rekening afgetrek word.
Betaalopsies
Maak asseblief seker dat u verwysingsnommer duidelik aangedui word.
-
CIPRO-kantoor
- Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO; betalings vir beslote korporasies en koöperasies). U kan by die poskantoor naaste aan u betaal vir enigeen van die CIPRO-dienste wat deur ons desentralisasievennote aangebied word. CIPRO Desentralisasieproses Klik hier.
-
Elektroniese deposito, deur middel van ’n krediet- of debietkaart (U moet slegs u
kliëntkode in die verwysingsveld sit.
Die datum en volgnommer is nie nodig nie.)
-
Enige ABSA-bank
-
Enige ander bank (Laat 3-4 dae toe vir die toewysing van fondse.)
Die CIPRO-rekeningbesonderhede is soos volg:
| Bank | : | ABSA |
| Rekening=
tipe
| : | Deposito |
| Rekening=
naam
| : | CIPRO |
| Rekening=
nommer
| : | 4055 68 1017 |
| Taknaam | : | Van der
Walt Street |
| Betaal=
verwysing
| : | XXXXXXDDMMCCYY01 (Indien die verwysingsnommer uit minder as ses karakters bestaan, gebruik dan nulle agterna. (XXXX00DDMMCCYY01) |
Voorbeeld van verwysingsnommer vir bankdeposito’s: 04MALA2603200901 (Kliëntkode + DDMMYYYY + transaksienommer)
Indien u elektronies deponeer, hoef u slegs u kliëntkode in die verwysingsveld aan te dui. Die datum en volgnommer is nie nodig nie.
Die verwysingsnommer sal ons help om die deposito akkuraat aan u virtuele rekening toe te wys.
Laat asseblief 2 tot 4 werkdae toe (na gelang van die tipe deposito) vir die fondse om in u virtuele CIPRO-rekening verreken te word.
Indien die fondse nie toegewys is nie, faks bewys van betaling na +27 12 394 6361 of +27 12 394 6358. Merk dit vir die aandag van die Inkomstedepartement en onthou om u kliëntkode as verwysing in te sluit. Stuur in die geval van navrae in verband met finansies ’n e-pos na dmfete@cipro.gov.za of athinyane@cipro.gov.za.
Voordele:
|
|
Gelde betaalbaar
|
Geen gelde betaalbaar nie
|
Openbaarmaking
|
|
Alle registrasievorms is in pdf-formaat op die CIPRO-webtuiste beskikbaar.
|
|
X
|
|
|
Nasionale of provinsiale regeringsdepartemente kan volle toegang tot openbaarmakingsfunksies op ons internettuiste hê.
|
|
|
X
|
|
Banke sal volle toegang tot openbaarmakingsfunksies op ons internettuiste hê.
|
X
|
|
|
|
Toegang tot openbaarmaking van inligting ten opsigte van maatskappye en beslote korporasies op die internet teen ’n voorgeskrewe bedrag.
|
X
|
|
|
|
U kan die volgende dokumente elektronies indien (maar uitgesonder nasionale of provinsiale regeringsdepartemente en banke (CK1, CK2 (deel B is gratis), CK2A (geen gelde betaalbaar nie), CK7, CM5,
CM6 CM8 en CM8A). (CK7 en CM5 kan slegs met die hand ingedien word indien deel C ingevul moet word).
Let asseblief daarop dat die oorspronklike CK1, CK2 en CK2A na aanlynindiening steeds met die hand ingedien moet word.
|
X
|
|
|
|
Dien jaarlikse opgawe in, uitgesonder nasionale of provinsiale regeringsdepartemente en banke.
|
X
|
|
|
|
|
|
X
|
|
|
Gereelde statuskontroles van die vordering van ingediende dokumente.
|
|
X
|
|
|
Lyste van alle geregistreerde maatskappye en beslote korporasies kan per e-pos aan u gestuur word indien e-pos die kommunikasiemiddel is.
|
X
|
|
|
|
Kliëntverifiëring. Elke kliënt wat van die elektroniese indienfasiliteit vir maatskappye gebruik wil maak (CM29, CM31, CM27A en CM22),
moet die kliëntverifiëringproses deurgaan. (Let asseblief daarop dat ’n bedrag per kliënt per kaart per jaar vir verifiëring aan die Kommissaris van Ede betaalbaar is.)
|
|
X
(Geld betaalbaar aan CIPRO – geen)
|
|
Hoe registreer ‘n mens?
Aanlynregistrasie.
Na indiening van hierdie aansoek (deur die aanwysings hieronder te volg en die terme en voorwaardes te aanvaar), sal u rekening onmiddellik geaktiveer word.
As u op “Next” klik, sal u terugvoer ontvang oor of u registrasie suksesvol was of nie
CIPRO-desentralisasievennote
Kliënte kan ook na die CIPRO-desentralisasievennote (buiten SAPO) in die provinsies gaan om aanlyn te registreer.
Bankkliënte
Bankkliënte se rekeninge sal deur CIPRO geaktiveer word slegs na ontvangs van ’n faks of e-pos op ’n amptelike briefhoof wat die aansoek en kliëntkode bevestig. Stuur asseblief hierdie faks aan ons inkomste-eenheid by +27 12 394 6361.
Regeringskliënte
Regeringskliënte sal na die vereiste goedkeuringsproses besigtigingstoegang tot die CIPRO-databasis hê. E-pos asseblief u versoek na mswart@cipro.gov.za of datasales@cipro.gov.za, of faks dit na +27 12 394 6221.
Help ons om u te help
Kliënte moet te alle tye seker maak dat hul voorkeurafleweringsmetode korrek ingevoer is.
Kommunikasiemetode: e-pos, pos, docex of afhaal by CIPRO-kantore
Afleweringsmetode: pos, docex of afhaal by CIPRO-kantore:
Kliënte wat grootmaattransaksies doen, word ook aangeraai om ’n rubberstempel met hul kliëntkode daarop te koop en alle dokumente in die middel bo-aan elke bladsy te stempel. Dit sal help met die identifisering en nasporing van dokumente. Let asseblief daarop dat alle dokumente aangestuur sal word na die adresse wat u op die kliëntregistrasieaansoek gespesifiseer het.
Indien u enige navraag in verband met die registrasieproses het, kontak asseblief die inbelsentrum by 086 184 3384 of per e-pos by info@cipro.gov.za
|