Kopiereg is ’n eksklusiewe reg wat vir ’n tydperk van jare aan ’n outeur, ontwerper, ens. vir sy/haar oorspronklike werk toegestaan word.
WERKE WAT VIR BESKERMING IN AANMERKING KOM
Die Wet op Kopiereg beskerm sekere klasse of kategorieë van werke.
Die volgende werke kom in aanmerking vir kopiereg, mits hulle oorspronklik is:
Literêre werke, bv. boeke en geskrewe
&komposisienovelles.
Musikale werke, bv. Liedere.
Kunswerke, bv. skilderye en tekeninge.
Kinematografiese films.
Klankopnames.
Uitsendings, bv. die uitsending van rolprente of musiek.
Programdraende seine, bv. seine wat ’n program behels.
Gepubliseerde uitgawes, bv. ’n eerste druk deur watter proses ook al.
Rekenaarprogramme.
Om vir kopieregbeskerming in aanmerking te kom, moet ’n werk neergeskryf, opgeneem en in ’n materiële vorm omgesit word.
Wanneer word kopiereg geskend?
Die maak van fotokopieë vir privaat gebruik is nie ’n skending van kopiereg nie.
Die kopiëring van ’n openbare toespraak of ‘n lesing is nie ’n skending nie.
Skending vind nie plaas as ’n werk erken word as mens ’n ander outeur se werk kopieer of daaruit aanhaal nie.
Die volgende riglyne geld normaalweg in die geval van geskrewe materiaal:
Indien dit moontlik is, moet die outeur se toestemming verkry word om sy/haar werk te reproduseer.
Indien daar in ’n artikel, referaat of toespraak na ’n ander persoon se werk verwys word, moet besonderhede van die verwysing verskaf word in die vorm van die naam van die outeur en besonderhede van sy/haar publikasie, bv. die titel van die boek of tydskrif, die uitgewer, publikasiedatum, ens
Indien slegs ’n klein gedeelte van die werk gebruik word, bv. ’n paar sinne of ’n paragraaf, en mits erkenning verleen word, is toestemming nie nodig nie.
Indien ’n beduidende gedeelte, bv. ’n hoofstuk, gereproduseer word, moet toestemming verkry word.
Daar word algemeen aanvaar dat werke wat in akademiese instellings gebruik word vir navorsing of vir privaat gebruik, gereproduseer mag word.
Musiek is nog ’n omstrede gebied.
Dit is duidelik dat as ’n mens ’n band of ’n CD sou kopieer en dit verkoop, dit ’n
skending van kopiereg (bekend as “pirating”) sou wees. Maar is dit skending van kopiereg as ’n platejoggie CD’s by ’n partytjie speel?
As ’n algemene reël kan mens sê dat kopiereg geskend word as ander mense se kopieregmateriaal in teenstelling met privaat of persoonlike gebruik vir persoonlike gewin gebruik word
Geen skending van kopiereg vind plaas as mens ’n kopie sou maak van ’n openbare toespraak wat vir inligtingsdoeleindes gemaak is nie of as mens goewermentspublikasies vir openbare gebruik fotokopieer nie.
Wat is die lewensduur van kopiereg?
Die lewensduur van kopiere hang af van die tipe werk wat beskerm word:
Die kopiereg op literêre werk geld vir 50 jaar na die skrywer se dood.
Die kopiereg op rekenaarprogramme geld vir 50 jaar nadat die eerste kopieë aan die publiek beskikbaar gestel is.
In die geval van klankopnames geld die kopiereg vir 50 jaar van die dag waarop die werk die eerste keer uitgesaai is.
Vir films is dit 50 jaar vandat dit gemaak/die eerste maal vertoon is.